The Lowe family's lockdown story

The Lowe family during lockdown.

12 Junie 2020

Ek het die voorreg gehad om die Lowe gesin af te neem. Hul jongste liefiekind is 'n dag voor die lockdown begin het gebore en omdat hul nie 'n newborn sessie kon doen nie is hierdie die eerste gesinsfoto's wat hul in twee maande kon neem.

Ek het hul ook so paar vragies gevra oor hoe hul die grendeltyd beleef het:

Wat was die slegste deel van "lockdown"?
Om nie by familie en vriende te kan wees nie!!

Hoe is jul werk geaffekteer?
Tans op kraamverlof, maar Jaco werk vanaf die huis (wat baie lekker is!!).

Hoe het jul deur die moeilike tye gekom?
Ons het probeer dankbaar wees vir wat ons het, en probeer negatiewe gedagtes vervang met positief. Sommige dae is maklik en ander dae weer baie moeilik.

Wat was vir jul die beste deel van "lockdown"? Is daar iets wat jul gaan mis of dalk anders doen selfs na "lockdown"?
Verseker laat slaap! Gaan dit baie mis en ons rustige oggende as alles weer terug is na normaal. Sal defnintief meer gaan stap met ons kinders.....op tye wat ons wil. Het geleer dat dit eintlik ñ groot voorreg is. In winkels rondloop, om sommer net 'window shopping' by ñ winkel sentrum te doen. Kan nie sien dat dit gou weer gedoen gaan word nie.

Lockdown photos telling families' lockdown stories.
The Lowe family's first family photos since their little one was born a day before lockdown started.
The Lowe family at their front door.
FrontstepsprojectLockdown Stories